Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 16:9-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Daarom beween ek die wingerdstok van Sibma met die geween van Jaéser; ek maak jou nat met my trane, Hesbon en Eleále, omdat die vreugdegeroep jou somervrugte en jou oes oorval het,

10. en vreugde en gejuig weggeneem is uit die vrugteboord, en in die wingerde nie gejubel of gejuig word nie; die druiwetrapper trap geen wyn in die parskuipe nie; Ek het die vreugdegeroep laat ophou.

11. Daarom klaag my ingewande oor Moab soos ’n siter, en my binneste oor Kir-Heres.

12. En as Moab verskyn, as hy hom vermoei op die hoogte en in sy heiligdom ingaan om te aanbid, dan sal hy niks uitrig nie.

13. Dit is die woord wat die Here tevore teen Moab gespreek het.

14. En nou spreek die Here en sê: Binne drie jaar — soos die jare van ’n dagloner — sal die heerlikheid van Moab veragtelik gemaak word saam met die hele groot menigte; en die oorblyfsel sal min, gering, onmagtig wees.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 16