Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 1:22-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Jou silwer het skuim geword; jou wyn is vervals met water.

23. Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag beloninge na. Aan die wees doen hulle geen reg nie, en die saak van die weduwee kom nie voor hulle nie.

24. Daarom spreek die Here Here van die leërskare, die Magtige van Israel: o Wee, Ek sal vir My voldoening verskaf van my teëstanders en My wreek op my vyande!

25. En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou skuim soos met loog uitsuiwer en al jou looddele wegneem.

26. En Ek sal jou weer regters gee soos vroeër en raadsmanne soos in die begin; daarna sal jy ’n stad van geregtigheid, ’n getroue vesting genoem word.

27. Sion sal deur strafgerig verlos word en die van hom wat terugkeer, deur geregtigheid.

28. Maar daar sal verbreking wees van die oortreders en die sondaars almal saam; en die wat die Here verlaat, sal omkom.

29. Want hulle sal in die skande kom weens die terpentynbome waar julle behae in het, en julle sal rooi van skaamte word oor die tuine wat julle verkies het.

30. Want julle sal wees soos ’n terpentynboom waarvan die blare verdor, en soos ’n tuin wat geen water het nie.

31. En die sterke word tot vlas en sy werk tot ’n vonk, en hulle sal altwee tesame brand sonder dat iemand uitblus.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 1