Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 52:27-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. En die koning van Babel het hulle neergeslaan en hulle gedood in Ribla, in die land Hamat. So is dan Juda uit sy land in ballingskap weggevoer.

28. Dit is die mense wat Nebukadrésar in ballingskap weggevoer het: in die sewende jaar, drieduisend-drie-en-twintig Jode;

29. in die agttiende jaar van Nebukadrésar, uit Jerusalem agthonderd-twee-en-dertig siele;

30. in die drie-en-twintigste jaar van Nebukadrésar het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, van die Jode sewehonderd-vyf-en-veertig siele in ballingskap weggevoer. Al die siele is vierduisend-seshonderd.

31. En in die sewen-en-dertigste jaar van die ballingskap van Jójagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die vyf-en-twintigste van die maand, het Evil-Meródag, die koning van Babel, in die jaar van sy troonsbestyging die hoof van Jójagin, die koning van Juda, verhef en hom uit die gevangenis uitgebring.

32. En hy het vriendelik met hom gespreek en sy stoel gesit bokant die stoel van die konings wat by hom in Babel was.

33. En hy het sy gevangenisklere verwissel; en hy het gedurigdeur brood voor sy aangesig geëet, al die dae van sy lewe.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 52