Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 5:27-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. Soos ’n hok vol voëls, so is hulle huise vol bedrog; daarom het hulle groot en ryk geword.

28. Hulle het vet, hulle het glad geword; selfs gaan hulle oor die maat van boosheid heen. Reg verskaf hulle nie, selfs die reg van die wees nie, dat hulle voorspoed kan hê; ook handhaaf hulle die reg van die behoeftiges nie.

29. Sou Ek hieroor geen besoeking doen nie? spreek die Here. Of sou my siel hom nie wreek op ’n nasie soos hierdie een nie?

30. ’n Ontsettende en afskuwelike ding het in die land gebeur:

31. die profete profeteer vals, en aan hulle sy oefen die priesters mag uit, en my volk wil dit graag so hê. Maar wat sal julle doen aan die einde daarvan?

Lees volledige hoofstuk Jeremia 5