Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 48:12-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek aftappers na hom sal stuur wat hom sal aftap en sy vate sal leegmaak en sy kruike stukkend slaan.

13. En Moab sal beskaamd staan deur Kamos, soos die huis van Israel beskaamd gestaan het deur Bet-el waar hulle op vertrou het.

14. Hoe kan julle sê: Ons is helde en manne bekwaam om te veg?

15. Moab is verwoes, en hulle het opgegaan in sy stede, en sy beste jongmanne het afgegaan om geslag te word, spreek die Koning wie se Naam is Here van die leërskare.

16. Die ondergang van Moab is naby om te kom, en sy onheil is baie haastig.

17. Beklaag hom, almal wat rondom hom is en almal wat sy naam ken! Sê: Hoe is die sterk staf, die sierlike stok gebreek!

18. Kom af uit jou heerlikheid, en sit in die dorsland, o inwoner, dogter van Dibon! Want die verwoester van Moab het teen jou opgetrek, hy het jou forte verwoes.

19. Gaan staan op die pad, en kyk uit, o inwoner van Ároër! Vra vir hom wat vlug en vir haar wat ontkom; sê: Wat het gebeur?

20. Moab staan beskaamd, want hy is verslae. Huil en skreeu, verkondig dit by die Arnon dat Moab verwoes is!

Lees volledige hoofstuk Jeremia 48