Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 43:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe Jeremia geëindig het om die hele volk toe te spreek met al die woorde van die Here hulle God, waarmee die Here hulle God hom na hulle gestuur het, naamlik al hierdie woorde,

2. het Asárja, die seun van Hosája, en Jóhanan, die seun van Karéag, en al die vermetele manne gespreek en aan Jeremia gesê: U spreek onwaarheid; die Here onse God het u nie gestuur om te sê: Julle mag nie na Egipte trek om daar as vreemdelinge te vertoef nie.

3. Maar Barug, die seun van Nería, hits u teen ons op om ons oor te gee in die hand van die Chaldeërs, dat hulle ons kan doodmaak en ons in ballingskap na Babel kan wegvoer.

4. So het Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs en die hele volk dan nie geluister na die stem van die Here om in die land Juda te bly nie.

5. Maar Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs het die hele oorblyfsel van Juda geneem wat uit al die nasies waarheen hulle verdryf was, teruggekom het om in die land Juda te woon,

6. die manne en die vroue en die kinders en die dogters van die koning en al die mense wat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, by Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, laat staan het — ook die profeet Jeremia en Barug, die seun van Nería —

Lees volledige hoofstuk Jeremia 43