Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 36:12-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. gaan hy af na die huis van die koning, in die kamer van die skrywer, waar toe juis al die vorste gesit het: Elisáma, die skrywer, en Delája, die seun van Semája, en Élnatan, die seun van Akbor, en Gemárja, die seun van Safan, en Sedekía, die seun van Hanánja, en al die vorste.

13. Daarop maak Migája aan hulle bekend al die woorde wat hy gehoor het toe Barug uit die boek voor die ore van die volk gelees het.

14. Toe stuur al die vorste Jehúdi, die seun van Netánja, die seun van Selémja, die seun van Kusi, na Barug, met die boodskap: Die rol waaruit jy voor die ore van die volk gelees het, neem dit in jou hand en kom. Daarop neem Barug, die seun van Nería, die rol in sy hand, en hy het by hulle gekom.

15. En hulle sê vir hom: Sit tog en lees dit voor ons ore. En Barug het voor hulle ore gelees.

16. Toe hulle al die woorde hoor, het hulle mekaar verskrik aangekyk en vir Barug gesê: Ons moet al hierdie woorde sekerlik aan die koning bekend maak.

17. En hulle het Barug gevra: Vertel ons tog hoe het jy al hierdie woorde uit sy mond opgeskrywe?

18. Toe antwoord Barug hulle: Uit sy mond het hy my al hierdie woorde voorgesê, en ek het hulle met ink in die boek geskrywe.

19. Daarop sê die vorste vir Barug: Gaan, verberg jou, jy en Jeremia, en laat geen mens weet waar julle is nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 36