Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 36:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, het van die Here hierdie woord tot Jeremia gekom:

2. Neem vir jou ’n boekrol en skrywe daarop al die woorde wat Ek met jou gespreek het oor Israel en Juda en oor al die nasies, van die dag af dat Ek met jou gespreek het, van die dae van Josía af, tot vandag toe.

3. Miskien sal die huis van Juda luister na al die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen, sodat hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde weg en Ek hulle ongeregtigheid en hulle sonde vergewe.

4. En Jeremia het Barug, die seun van Nería, geroep; en Barug het op ’n boekrol geskrywe, uit die mond van Jeremia, al die woorde van die Here wat Hy met hom gespreek het.

5. En Jeremia het aan Barug bevel gegee en gesê: Ek is verhinder, ek kan nie gaan in die huis van die Here nie.

6. Gaan jý dan en lees uit die rol wat jy uit my mond beskrywe het, die woorde van die Here voor die ore van die volk in die huis van die Here, op die vasdag; en jy moet dit ook lees voor die ore van die hele Juda wat uit hulle stede kom.

7. Miskien sal hulle smeking voor die aangesig van die Here kom en sal hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde weg; want groot is die toorn en die grimmigheid wat die Here teen hierdie volk uitgespreek het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 36