Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 35:15-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. En Ek het na julle gestuur al my knegte, die profete, vroeg en laat, om te sê: Bekeer julle tog elkeen van sy verkeerde weg en maak julle handelinge goed en loop nie agter ander gode aan om hulle te dien nie; dan sal julle bly in die land wat Ek aan julle en julle vaders gegee het. Maar julle het geen gehoor gegee en na My nie geluister nie.

16. Ja, die kinders van Jónadab, die seun van Regab, het die gebod van hulle vader gehou wat hy hulle beveel het; maar hierdie volk luister nie na My nie.

17. Daarom, so sê die Here, die God van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring oor Juda en oor al die inwoners van Jerusalem al die onheil wat Ek teen hulle gespreek het; omdat Ek met hulle gespreek, maar hulle nie geluister en Ek hulle geroep, maar hulle nie geantwoord het nie.

18. En aan die huis van die Regabiete het Jeremia gesê: So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Omdat julle geluister het na die gebod van julle vader Jónadab en al sy gebooie gehou en gedoen het net soos hy julle beveel het,

19. daarom, so spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Daar sal vir Jónadab, die seun van Regab, nooit ’n man ontbreek wat altyd voor my aangesig sal staan nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 35