Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 28:3-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. In nog twee jaar bring Ek in hierdie plek terug al die voorwerpe van die huis van die Here wat Nebukadnésar, die koning van Babel, uit hierdie plek weggeneem en na Babel gebring het.

4. Ook Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, en al die ballinge van Juda wat na Babel gegaan het, bring Ek in hierdie plek terug, spreek die Here; want Ek sal die juk van die koning van Babel verbreek.

5. Toe het die profeet Jeremia aan die profeet Hanánja gesê in teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk wat in die huis van die Here gestaan het,

6. en die profeet Jeremia het gesê: Amen, laat die Here so doen! Laat die Here vervul jou woorde wat jy geprofeteer het, deur die voorwerpe van die huis van die Here en al die ballinge uit Babel na hierdie plek terug te bring!

7. Maar luister tog na hierdie woord wat ek spreek voor jou ore en voor die ore van die hele volk:

Lees volledige hoofstuk Jeremia 28