13. Gaan spreek met Hanánja en sê: So spreek die Here: Houtjukke het jy verbreek, maar jy moet in die plek daarvan ysterjukke maak.
14. Want so sê die Here van die leërskare, die God van Israel: Ek het ’n ysterjuk gelê op die nek van al hierdie nasies om Nebukadnésar, die koning van Babel, te dien, en hulle sal hom dien; ja, selfs die wilde diere van die veld het Ek aan hom gegee.
15. En die profeet Jeremia het aan die profeet Hanánja gesê: Luister tog, Hanánja! Die Here het jou nie gestuur nie, maar jý het hierdie volk op leuens laat vertrou.
16. Daarom, so sê die Here: Kyk, Ek werp jou van die aarde af weg; hierdie jaar sal jy sterwe, omdat jy afval van die Here verkondig het.
17. En die profeet Hanánja het in dié jaar, in die sewende maand, gesterwe.