Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 28:11-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. En Hanánja het gespreek in teenwoordigheid van die hele volk en gesê: So spreek die Here: So sal Ek verbreek die juk van Nebukadnésar, die koning van Babel, in nog twee jaar, van die nek van al die nasies. En die profeet Jeremia het weggegaan.

12. Maar die woord van die Here het tot Jeremia gekom, nadat die profeet Hanánja die juk van die nek van die profeet Jeremia afgeneem en verbreek het, en gesê:

13. Gaan spreek met Hanánja en sê: So spreek die Here: Houtjukke het jy verbreek, maar jy moet in die plek daarvan ysterjukke maak.

14. Want so sê die Here van die leërskare, die God van Israel: Ek het ’n ysterjuk gelê op die nek van al hierdie nasies om Nebukadnésar, die koning van Babel, te dien, en hulle sal hom dien; ja, selfs die wilde diere van die veld het Ek aan hom gegee.

15. En die profeet Jeremia het aan die profeet Hanánja gesê: Luister tog, Hanánja! Die Here het jou nie gestuur nie, maar jý het hierdie volk op leuens laat vertrou.

16. Daarom, so sê die Here: Kyk, Ek werp jou van die aarde af weg; hierdie jaar sal jy sterwe, omdat jy afval van die Here verkondig het.

17. En die profeet Hanánja het in dié jaar, in die sewende maand, gesterwe.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 28