Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 27:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN die begin van die regering van Sedekía, die seun van Josía, koning van Juda, het van die Here hierdie woord tot Jeremia gekom:

2. So het die Here vir my gesê: Maak vir jou stroppe en jukke, en sit dit op jou nek;

3. en stuur dit na die koning van Edom en na die koning van Moab en na die koning van die kinders van Ammon en na die koning van Tirus en na die koning van Sidon deur middel van die gesante wat in Jerusalem gekom het na Sedekía, die koning van Juda;

4. en gee hulle opdrag aan hul gebieders, met die woorde: So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: So moet julle aan jul gebieders sê:

Lees volledige hoofstuk Jeremia 27