Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 26:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN die begin van die regering van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, het hierdie woord van die Here gekom:

2. So sê die Here: Gaan staan in die voorhof van die huis van die Here, en spreek tot al die stede van Juda wat kom om te aanbid in die huis van die Here, al die woorde wat Ek jou beveel het om aan hulle te sê; laat geen woord weg nie.

3. Miskien sal hulle luister en hulle bekeer elkeen van sy verkeerde weg; dan sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen weens die boosheid van hulle handelinge.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 26