Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 20:7-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Here, U het my oorgehaal, en ek het my laat oorhaal; U was te sterk vir my en het oorwin; ek was ’n belagging die hele dag, almal saam spot met my.

8. Want elke keer as ek spreek, moet ek dit uitskreeu, moet ek roep: Geweld en verdrukking! — omdat die woord van die Here vir my ’n smaad en spot geword het die hele dag.

9. En as ek sê: Ek sal aan Hom nie dink nie en in sy Naam nie meer spreek nie, dan word dit in my hart soos ’n brandende vuur, opgesluit in my gebeente. En ek het my moeg gemaak om uit te hou, maar kon nie.

10. Want ek het die skindertaal van baie gehoor — skrik rondom! — Klaag aan, en ons sal hom aanklaag! Al die mense wat met my in vrede lewe, loer op my val; hulle sê: Miskien laat hy hom verlei, dan kan ons hom oorweldig en ons wraak op hom neem.

11. Maar die Here is met my soos ’n geweldige held; daarom sal my vervolgers struikel en nie oorwin nie; hulle staan diep beskaamd, omdat hulle nie geslaag het nie, ’n ewige smaad wat nie vergeet sal word nie.

12. Maar, Here van die leërskare, wat die regverdige toets, wat die niere en die hart sien — laat my u wraak sien op hulle, want aan U het ek my regsaak toevertrou.

13. Sing tot eer van die Here, prys die Here! Want Hy het die siel van die behoeftige uit die hand van die kwaaddoeners verlos.

14. Vervloek is die dag waarop ek gebore is; laat die dag waarop my moeder my gebaar het, nie geseënd wees nie.

15. Vervloek is die man wat aan my vader berig gebring en gesê het: Vir jou is ’n seun gebore — waardeur hy hom grootliks verbly het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 20