Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 20:7-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Here, U het my oorgehaal, en ek het my laat oorhaal; U was te sterk vir my en het oorwin; ek was ’n belagging die hele dag, almal saam spot met my.

8. Want elke keer as ek spreek, moet ek dit uitskreeu, moet ek roep: Geweld en verdrukking! — omdat die woord van die Here vir my ’n smaad en spot geword het die hele dag.

9. En as ek sê: Ek sal aan Hom nie dink nie en in sy Naam nie meer spreek nie, dan word dit in my hart soos ’n brandende vuur, opgesluit in my gebeente. En ek het my moeg gemaak om uit te hou, maar kon nie.

10. Want ek het die skindertaal van baie gehoor — skrik rondom! — Klaag aan, en ons sal hom aanklaag! Al die mense wat met my in vrede lewe, loer op my val; hulle sê: Miskien laat hy hom verlei, dan kan ons hom oorweldig en ons wraak op hom neem.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 20