Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 2:32-37 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

32. Kan ’n jonkvrou haar versiersel vergeet, ’n bruid haar pronkgordel? Maar my volk het My vergeet, dae sonder getal.

33. Hoe goed kry jy jou pad om liefde te soek! Daarom het jy ook jou weë aan die slegte dinge gewend gemaak.

34. Ook is aan jou some die bloed gevind van die siele van onskuldige armes; nie by ’n plek waar ingebreek is, het Ek dit gevind nie, maar by hierdie almal.

35. Nogtans het jy gesê: Ek is tog onskuldig; gewis het sy toorn hom van my afgewend. Kyk, Ek sal met jou na die gereg gaan, omdat jy sê: Ek het nie gesondig nie.

36. Wat loop jy so baie weg om jou pad te verander? Jy sal ook deur Egipte in die skande kom soos jy deur Assur in die skande gekom het.

37. Ook daarvan sal jy uitgaan met jou hande op jou hoof; want die Here het hulle verwerp op wie jy vertrou, en jy sal met hulle geen voorspoed hê nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 2