Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 19:10-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Dan moet jy die kruik breek voor die oë van die manne wat saam met jou gegaan het,

11. en vir hulle sê: So spreek die Here van die leërskare: Net so sal Ek hierdie volk en hierdie stad verbreek, soos ’n mens ’n erdepot breek, wat nie meer heelgemaak kan word nie; en hulle sal in Tofet begrawe, omdat daar geen plek sal wees om te begrawe nie.

12. So sal Ek met hierdie plek maak, spreek die Here, en met sy inwoners, en hierdie stad maak soos Tofet.

13. En die huise van Jerusalem en die huise van die konings van Juda sal word soos die plek Tofet, onrein; naamlik al die huise op die dakke waarvan hulle rook laat opgaan het vir die hele leër van die hemel en drankoffers uitgegiet het vir ander gode.

14. Toe het Jeremia uit Tofet gekom, waarheen die Here hom gestuur het om te profeteer, en hy het gaan staan in die voorhof van die huis van die Here en aan die hele volk gesê:

15. So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring oor hierdie stad en al sy stede al die onheil wat Ek daaroor gespreek het, omdat hulle hul nek verhard het om na my woorde nie te luister nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 19