Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 10:3-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ’n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ’n ambagsman met die byl.

4. Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie.

5. Soos ’n voëlverskrikker in ’n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie.

6. Geeneen is soos U nie, o Here! U is groot, en u Naam is groot in krag.

7. Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? Want U kom dit toe; want onder al die wyse manne van die nasies en in hulle hele koninkryk is geeneen soos U nie.

8. Maar almal saam word hulle dom en dwaas, die tugtiging van die nietige afgode — dit is hout.

9. Silwer wat plat geslaan is, word uit Tarsis gebring en goud uit Ufas, die werk van die ambagsman en van die hande van die goudsmid; pers en purperrooi is hulle klere; ’n werk van kunstenaars is hulle almal.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 10