Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 10:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HOOR die woord wat die Here oor julle gespreek het, o huis van Israel!

2. So sê die Here: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.

3. Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ’n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ’n ambagsman met die byl.

4. Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie.

5. Soos ’n voëlverskrikker in ’n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie.

6. Geeneen is soos U nie, o Here! U is groot, en u Naam is groot in krag.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 10