Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 1:5-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ’n profeet vir die nasies gemaak.

6. Toe het ek gesê: Ag, Here Here, voorwaar, ek kan nie praat nie, want ek is jonk.

7. Maar die Here het vir my gesê: Moenie sê: Ek is jonk nie; want na wie Ek jou ook al stuur, moet jy gaan; en wat Ek jou ook al beveel, moet jy spreek.

8. Wees vir hulle nie bevrees nie, want Ek is met jou om jou uit te red, spreek die Here.

9. Toe het die Here sy hand uitgestrek en my mond aangeroer; en die Here het vir my gesê: Hiermee lê Ek my woorde in jou mond.

10. Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes, om te bou en te plant.

11. Verder het die woord van die Here tot my gekom en gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek antwoord: Ek sien ’n amandeltak.

12. Toe sê die Here vir my: Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring.

13. En die woord van die Here het vir die tweede keer tot my gekom en gesê: Wat sien jy? En ek antwoord: Ek sien ’n kokende pot wat van die noorde af kyk.

14. Toe sê die Here vir my: Van die noorde af sal die onheil losbreek oor al die inwoners van die land.

15. Want kyk, Ek roep al die geslagte van die koninkryke van die noorde, spreek die Here; en hulle sal kom, en hulle sal elkeen sy troon neersit by die ingang van die poorte van Jerusalem en teen al sy mure rondom en teen al die stede van Juda.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 1