Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 1:16-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. En Ek sal my oordele oor hulle uitspreek, weens al hulle boosheid; dat hulle My verlaat het en vir ander gode rook laat opgaan het en hulle voor die werke van hulle hande neergebuig het.

17. Jy dan, omgord jou heupe en maak jou klaar en sê aan hulle alles wat Ek jou sal beveel; wees nie vir hulle verskrik nie, dat Ek jou nie vir hulle laat skrik nie.

18. Want kyk, Ek maak jou vandag ’n versterkte stad en ’n ysterpilaar en kopermure teen die hele land: teen die konings van Juda, teen sy vorste, teen sy priesters en teen die volk van die land.

19. En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want Ek is met jou, spreek die Here, om jou uit te red.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 1