Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 9:9-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Hulle het baie, baie verkeerd gehandel soos in die dae van Gíbea. Hy sal dink aan hulle ongeregtigheid, besoeking doen oor hulle sondes.

10. Ek het Israel gevind soos druiwe in die woestyn; Ek het julle vaders gesien soos voorvye aan die vyeboom in sy eerste groei; maar húlle het na Baäl-Peor gekom en hulle aan die skandegod toegewy en ’n verfoeisel geword net soos die voorwerp van hulle liefde.

11. Efraim — sy heerlikheid sal wegvlieg soos ’n voël. Geen geboorte, geen moederskap, geen ontvangenis meer nie!

12. Ja, al sou hulle hul kinders grootmaak, Ek maak hulle kinderloos, sonder mense; ja, wee hulleself ook as Ek van hulle wyk.

13. Efraim, soos Ek dit sien na Tirus heen, is geplant in ’n mooi omgewing, maar Efraim sal sy seuns na die moordenaar moet uitbring.

Lees volledige hoofstuk Hoséa 9