Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 7:3-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Met hulle boosheid verbly hulle die koning en met hulle leuens die vorste.

4. Hulle is almal owerspelers; hulle is soos ’n oond wat bly brand, ook al het die bakker opgehou met stook, vandat die deeg geknee word totdat dit deursuur is.

5. Op die dag van ons koning is die vorste siek van verhitting deur wyn; hy steek sy hand uit na die spotters.

6. Ja, hulle het hul hart gemaak soos ’n oond in hul arglistigheid; die ganse nag deur slaap hulle bakker, in die môre vroeg brand dit soos ’n vuurvlam.

7. Hulle almal gloei soos ’n oond en verteer hul regeerders, al hulle konings val; daar is niemand onder hulle wat My aanroep nie.

8. Efraim — hy vermeng hom met die volke; Efraim is ’n roosterkoek wat nie omgekeer is nie.

9. Vreemdes verteer sy krag, en hy bemerk dit nie; ook is grysheid oor hom uitgesprei, en hy weet dit nie.

10. Ja, die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en tog bekeer hulle hul nie tot die Here hulle God nie, en ondanks dit alles soek hulle Hom nie.

11. So het Efraim dan geword soos ’n onnosele duif sonder verstand; hulle roep na Egipte, hulle gaan na Assur.

Lees volledige hoofstuk Hoséa 7