Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 6:9-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. En soos ’n rower op die loer lê, loer ’n priesterbende; hulle pleeg moord op die pad na Sigem, ja, hulle het skandelike dade gedoen.

10. In die huis van Israel het Ek ’n afskuwelike ding gesien: Efraim het daar tot hoerery verval, Israel is verontreinig.

11. Ook vir jou, o Juda, is daar ’n oes beskik as Ek die lot van my volk verander.

Lees volledige hoofstuk Hoséa 6