Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 6:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. KOM en laat ons terugkeer tot die Here; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.

2. Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.

3. En laat ons ken — laat ons dit najaag om die Here te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.

4. Wat sal Ek met jou doen, o Efraim; wat sal Ek met jou doen, o Juda? aangesien julle liefde is soos ’n môrewolk en soos ’n dou wat vroeg weer verdwyn.

Lees volledige hoofstuk Hoséa 6