Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 5:12-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Daarom is Ek vir Efraim soos ’n mot en vir die huis van Juda soos ’n verrotting in die gebeente.

13. Toe Efraim sy krankheid sien en Juda sy sweer, het Efraim na Assur gegaan en na koning Jareb gestuur; maar hý kan julle nie genees en julle van die sweer nie gesond maak nie.

14. Want Ek is soos ’n leeu vir Efraim, en soos ’n jong leeu vir die huis van Juda; Ek, Ek verskeur en gaan heen, Ek dra weg sonder dat iemand red.

15. Dan gaan Ek heen, Ek keer na my woonplek terug, totdat hulle skuld beken en my aangesig soek In hulle nood sal hulle My soek.

Lees volledige hoofstuk Hoséa 5