Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 4:6-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

7. Hoe meer hulle vermenigvuldig het, des te meer het hulle teen My gesondig. Ek sal hulle heerlikheid in skande verander.

8. Hulle lewe van die sondoffer van my volk, en na dié se ongeregtigheid verlang hulle siel.

9. Daarom sal dit met die priester gaan soos met die volk — Ek sal by hom besoeking doen oor sy weë en hom vergeld na sy dade.

10. Dan sal hulle eet, maar nie versadig word nie; hulle sal hoereer, maar nie uitbreek in menigte nie; want hulle het nagelaat om die Here te vereer.

11. Hoerery en wyn en mos neem die hart weg.

12. My volk raadpleeg sy hout, en sy staf moet hom die inligting gee; want ’n gees van hoerery het hulle verlei, en deur hulle hoerery het hulle van hul God afvallig geword.

13. Hulle offer op die bergtoppe en laat rook opgaan op die heuwels, onder die eike en populiere en terpentynbome, omdat die skaduwee daar goed is. Daarom pleeg julle dogters hoerery, en julle skoondogters bedryf owerspel.

Lees volledige hoofstuk Hoséa 4