Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 4:13-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Hulle offer op die bergtoppe en laat rook opgaan op die heuwels, onder die eike en populiere en terpentynbome, omdat die skaduwee daar goed is. Daarom pleeg julle dogters hoerery, en julle skoondogters bedryf owerspel.

14. Ek sal oor julle dogters geen besoeking doen omdat hulle hoereer nie, en ook nie oor julle skoondogters omdat hulle owerspel bedryf nie; want die manne sonder hulleself af met die hoere en offer met die tempelhoere. So kom dan die volk wat geen verstand het nie, tot ’n val.

15. As jy hoereer, o Israel, laat Juda hom tog nie skuldig maak nie! Kom dan nie na Gilgal nie, en gaan nie op na Bet-Awen nie, en sweer nie: So waar as die Here leef!

16. Want Israel is wederstrewig soos ’n wederstrewige koei; nou sal die Here hulle laat wei soos ’n lam in die oop veld.

Lees volledige hoofstuk Hoséa 4