Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 4:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HOOR die woord van die Here, o kinders van Israel! Want die Here het ’n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.

2. Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.

3. Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om.

Lees volledige hoofstuk Hoséa 4