Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 2:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TWIS met julle moeder, twis; want sy is nie my vrou nie, en Ek is nie haar man nie, en laat sy haar hoerery van haar aangesig verwyder en haar owerspel van haar borste af weg.

2. Anders sal Ek haar naak uittrek en haar neersit soos op die dag van haar geboorte en haar maak soos ’n woestyn, ja, haar stel soos ’n dor land en haar van dors laat sterwe.

3. En Ek sal My oor haar kinders nie ontferm nie, want hulle is kinders uit hoerery gebore.

4. Want hulle moeder het in ontug gelewe, sy wat met hulle swanger was, het skandelike dinge gedoen; want sy het gesê: Ek wil my minnaars agternaloop wat my brood en my water, my wol en my vlas, my olie en my drank gee.

5. Daarom, kyk, Ek sal jou weg met dorings toemaak en om haar ’n muur bou, sodat sy haar paaie nie sal vind nie.

Lees volledige hoofstuk Hoséa 2