Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 14:6-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Ek sal vir Israel wees soos die dou, hy sal bloei soos ’n lelie en sy wortels uitslaan soos die Líbanon.

7. Sy lote sal uitsprei, en sy prag wees soos dié van ’n olyfboom en sy geur soos die Líbanon.

8. Die wat onder sy skaduwee sit, sal weer koring laat groei; en hulle self sal bloei soos die wingerdstok; die roem daarvan sal wees soos die wyn van die Líbanon.

9. Efraim, wat het Ek nog met die afgode te doen? Ek het hom verhoor en hou my oog oor hom. Ek is soos ’n groen sipres; uit My word jou vrug gevind.

10. Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die Here is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!

Lees volledige hoofstuk Hoséa 14