Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 13:4-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Tog was Ek, die Here, jou God van Egipteland af, en buiten My het jy geen God geken nie, ja, behalwe My is daar geen Heiland nie.

5. Ek het jou in die woestyn geken, in die land van droogtes.

6. Ooreenkomstig hulle weiveld het hulle versadig geword; toe hulle versadig was, het hulle hart hoogmoedig geword; daarom het hulle My vergeet.

7. Toe het Ek vir hulle soos ’n leeu geword, soos ’n luiperd lê Ek by die pad en loer.

8. Ek val hulle aan soos ’n beer wat van kleintjies beroof is, en Ek skeur hulle borskas oop; en soos ’n leeuin verslind Ek hulle daar, die wilde diere van die veld sal hulle verskeur.

9. Dit is jou verderf, o Israel, dat jy teen My, jou helper, is.

10. Waar is nou jou koning, dat hy jou kan verlos in al jou stede, en jou regters van wie jy gesê het: Gee my ’n koning en vorste?

11. Ek gee jou ’n koning in my toorn, en Ek neem hom weg in my grimmigheid.

12. Saamgebind is die ongeregtigheid van Efraim, weggebêre is sy sonde.

Lees volledige hoofstuk Hoséa 13