Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 13:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. AS Efraim net gespreek het, was daar siddering; hoog het hy gestaan in Israel. Maar hy het hom skuldig gemaak deur die Baäl en gesterwe.

2. En nou gaan hulle voort om te sondig en het vir hulle ’n gegote beeld van hulle silwer gemaak, afgode volgens hulle insig, geheel en al smidswerk; van hulle word gesê: Die mense wat offer, vereer kalwers met kusse!

3. Daarom sal hulle wees soos ’n môrewolk en soos dou wat vroeg weer verdwyn, soos kaf wat wegvlieg van die dorsvloer en soos rook uit die venster.

4. Tog was Ek, die Here, jou God van Egipteland af, en buiten My het jy geen God geken nie, ja, behalwe My is daar geen Heiland nie.

5. Ek het jou in die woestyn geken, in die land van droogtes.

6. Ooreenkomstig hulle weiveld het hulle versadig geword; toe hulle versadig was, het hulle hart hoogmoedig geword; daarom het hulle My vergeet.

Lees volledige hoofstuk Hoséa 13