Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 10:7-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Samaría word vernietig, sy koning is soos ’n spaander op die water.

8. En die hoogtes van Awen, Israel se sonde, word verdelg, dorings en distels sal opskiet op hulle altare; en hulle sal tot die berge sê: Bedek ons! en tot die heuwels: Val op ons!

9. Sedert die dae van Gíbea het jy gesondig, o Israel! Daar staan hulle — moet die stryd teen die kwaaddoeners hulle nie oorval in Gíbea nie?

10. Dit is my begeerte om hulle te tugtig, en volke sal teen hulle versamel word as hulle gebind word aan hulle twee ongeregtighede.

11. Maar Efraim is ’n geleerde jong koei wat gewillig dors; nogtans sal Ek self oor haar mooi nek gaan: Ek sal Efraim laat trek; Juda sal die ploeg trek, Jakob sal die eg sleep.

12. Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle ’n braakland, want dit is tyd om die Here te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën.

13. Julle het goddeloosheid ingeploeë, julle het slegtigheid gemaai, die vrug van leuens geëet, omdat jy op jou weg vertrou het, op die menigte van jou helde.

14. Daarom sal daar oorlogsrumoer onder jou volke ontstaan en al jou vestings verwoes word net soos Salman Bet-Arbel verwoes het in die dag van oorlog: moeders is met kinders en al verpletter.

15. Net so het Bet-el aan julle gedoen weens julle ontsettende boosheid; in die môre vroeg is dit gedaan, gedaan met die koning van Israel.

Lees volledige hoofstuk Hoséa 10