Ou Testament

Nuwe Testament

Hoséa 10:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ISRAEL was ’n weelderig uitbottende wynstok wat sy vrug voortgebring het; hoe meer vrug hy gedra het, des te meer altare het hy gebou; hoe beter dit met sy land gesteld was, des te beter het hy die klippilare gemaak.

2. Vals is hulle hart; nou sal hulle daarvoor boet; Hy sal hulle altare stukkend breek, hulle klippilare verwoes.

3. Ja, nou sal hulle sê: Ons het geen koning nie, want ons het die Here nie gevrees nie; en die koning — wat sou hy vir ons kan doen?

4. Hulle het groot woorde gespreek, vals gesweer, verbonde gesluit — en soos ’n gifplant spruit die oordeel uit in die vore van die landerye.

5. Oor die kalf van Bet-Awen sal die inwoners van Samaría besorg wees; want sy volk sal oor hom treur en sy afgodspriesters oor hom sidder, oor sy heerlikheid, omdat dit van hom weggevoer is.

Lees volledige hoofstuk Hoséa 10