Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 6:6-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. U tande is soos ’n kudde skaapooie wat van die drinkplek af opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie.

7. U slape is soos ’n granaatskyf deur u sluier heen.

8. Daar is sestig koninginne en tagtig byvroue en jonkvroue sonder getal.

9. Een, dié is my duif, my volmaakte, die enigste vir haar moeder; sy is die uitverkorene vir die een wat haar gebaar het. Die dogters het haar gesien en haar gelukkig geprys, die koninginne en die byvroue, en haar geroem:

10. Wie is dit wat daar opkom soos die dageraad, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels?

11. Ek het afgeloop na die neutetuin om te kyk na die uitspruitsels in die dal, om te kyk of die wingerdstok uitloop, die granate blom.

12. Voordat ek dit geweet het, het my verlange my verplaas op die waens van my edele volk.

13. Kom terug, kom terug, Sulammitiese, kom terug, kom terug, dat ons u kan aansien. Wat sien julle aan die Sulammitiese? Iets soos die koordans van Mahanáim.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 6