Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 4:4-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. U hals is soos die Dawidstoring, gebou met muurkranse waar die duisend skilde in hang, almal skilde van helde.

5. U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van ’n gemsbok, wat onder die lelies wei.

6. Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, sal ek gaan na die mirreberg en na die wierookheuwel.

7. Alles is mooi aan u, my vriendin, en daar is geen gebrek aan u nie.

8. Saam met my van die Líbanon af, bruid, saam met my van die Líbanon af, o kom! Trek af van die top van Amána, van die top van Senir en van Hermon, van die lêplekke van die leeus, van die berge van die luiperds.

9. U het my hart gesteel, my susterbruid, u het my hart gesteel met een straal van u oë, met een kettinkie van u halssieraad.

10. Hoe skoon is u liefde, my susterbruid, hoeveel beter is u liefde as wyn en die geur van u salf as al die speserye!

11. Heuningstroop drup van u lippe af, bruid, heuning en melk is onder u tong, en die geur van u klere is soos die geur van die Líbanon.

12. My susterbruid is ’n geslote tuin, ’n geslote bron, ’n verseëlde fontein.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 4