Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 4:13-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. U spruite is ’n park van granate met kostelike vrugte, henna-blomme met nardus,

14. nardus en saffraan, kalmoes en kaneel, met allerhande wierookstruike, mirre en alewee, met allerhande kostelike speserye.

15. U is ’n fontein van die tuine, ’n put met lewende water wat van die Líbanon afvloei.

16. Word wakker, noordewind, en kom, suidewind, deurwaai my tuin, laat sy balsemgeure uitvloei! Laat my beminde in sy tuin kom en van sy kostelike vrugte eet.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 4