Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 4:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HOE mooi is u tog, my vriendin, hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe deur u sluier heen; u hare is soos ’n kudde bokke wat van die gebergte van Gílead afgolf.

2. U tande is soos ’n kudde pas geskeerde skape wat van die drinkplek opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie.

3. U lippe is soos ’n skarlaken band, en u mond is lieflik. U slape is soos ’n granaatskyf deur u sluier heen.

4. U hals is soos die Dawidstoring, gebou met muurkranse waar die duisend skilde in hang, almal skilde van helde.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 4