Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 2:10-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. My beminde begin toe en sê vir my: Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!

11. Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verbygegaan.

12. Die bloeisels word gesien in die land, die sangtyd het aangebreek, en die tortelduif laat sy stem hoor in ons land.

13. Die vyeboom laat sy voorvye uitswel, en die wingerdstokke wat bloei, versprei geur. Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!

14. My duif in die rotsklowe, in die skuilplek by die krans, laat my u gedaante sien, laat my u stem hoor; want u stem is soet, en u gedaante is lieflik.

15. Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 2