Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 2:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EK is ’n narsing van Saron, ’n lelie van die dale.

2. Soos ’n lelie tussen die dorings, so is my vriendin onder die dogters.

3. Soos ’n appelboom onder die bome van die bos, so is my beminde onder die seuns. Ek het verlang om in sy skaduwee te sit, en sy vrugte is soet vir my verhemelte.

4. Hy het my in die wynhuis ingebring, en sy vaandel oor my was die liefde.

5. Versterk my met rosynekoeke, verkwik my met appels, want ek is krank van liefde.

6. Laat sy linkerarm onder my hoof wees en sy regterarm my omhels.

7. Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of by die takbokke van die veld, om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat dit die liefde behaag nie.

8. Hoor, my beminde, kyk, daar kom hy! Hy spring oor die berge, hy huppel oor die heuwels.

9. My beminde lyk soos ’n gemsbok of soos ’n jong takbok. Daar staan hy agter ons muur! Hy kyk deur die vensters in, hy speur deur die tralies heen.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 2