Ou Testament

Nuwe Testament

Haggai 1:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN die tweede jaar van koning Daríus, op die eerste dag van die sesde maand, het die woord van die Here deur die diens van die profeet Haggai gekom tot Serubbábel, die seun van Seáltiël, die goewerneur van Juda, en tot Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester, en gesê:

2. So spreek die Here van die leërskare: Hierdie volk sê: Nog het die tyd nie gekom, die tyd dat die huis van die Here gebou moet word nie.

3. So het die woord van die Here dan gekom deur die diens van die profeet Haggai en gesê:

4. Is dit vir julle self wel tyd om in julle betimmerde huise te woon, terwyl hierdie huis in puin lê?

5. So sê die Here van die leërskare dan nou: Gee ag op wat julle wedervaar het:

6. julle het baie gesaai, maar min ingebring; julle het geëet, maar nie tot versadiging nie; julle het gedrink, maar nie genoeg gekry nie; julle het jul geklee, maar nie warm geword nie; en wie hom vir loon verhuur, verhuur hom om dit in ’n stukkende beurs te steek.

7. So sê die Here van die leërskare: Gee ag op wat julle wedervaar het!

8. Klim op die berg en bring hout aan en bou die huis; dan sal Ek ’n welgevalle daaraan hê en My verheerlik, sê die Here.

Lees volledige hoofstuk Haggai 1