Ou Testament

Nuwe Testament

Hábakuk 3:6-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Hy tree op en laat die aarde wankel, Hy kyk en laat nasies opskrik; verpletterd lê die ewige berge, en neergesink die ou, ou heuwels — paaie van die ou tyd vir Hom.

7. Ek sien die tente van Kusan met onheil oordek, en die tentdoeke van die land Mídian bewe.

8. Is dit teen riviere, o Here, teen die riviere, dat u toorn ontvlam het? Of geld u grimmigheid die see dat U ry met u perde, u oorwinningswaens?

9. Heeltemal ontbloot is u boog; besweer is die pyle deur die woord. Sela. Tot riviere splyt U die aarde.

10. Die berge sien U en bewe van angs, ’n wolkbreuk storm verby, die wêreldvloed verhef sy stem, steek sy hande omhoog.

11. Die son, die maan bly in hulle woonplek by die lig van u pyle wat verbyskiet, by die glans van flikkerende spies.

12. In grimmigheid betree U die aarde, in toorn dors U die nasies.

13. U trek uit tot redding van u volk, tot redding van u Gesalfde. U verbrysel die kop van die huis van die goddelose en ontbloot die fondament tot by die nek. Sela.

14. U deurboor met sy eie pyle die hoof van sy leiers wat storm om my te verstrooi; wie se gejuig is asof hulle die ellendige in die skuilhoek wil verslind.

15. U betree die see met u perde, ’n hoop magtige waters.

16. Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ’n aanval maak.

17. Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie —

Lees volledige hoofstuk Hábakuk 3