Ou Testament

Nuwe Testament

Hábakuk 2:5-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En bowendien, die wyn is ’n bedrieër, ’n trotse man is onbestendig: hy wat sy keel wyd oopmaak soos die doderyk, en soos die dood is hy, so onversadelik — hy vergader vir homself al die nasies en maak vir hom al die volke bymekaar.

6. Sal hulle nie almal oor hom ’n spreuk, ’n spotlied aanhef nie, raaisels oor hom maak nie, en sê: Wee die man wat hom verryk met wat nie aan hom behoort nie — hoe lank? — en hom beswaar met verpande goed.

7. Sal die wat jou byt, nie skielik opstaan en jou skrikaanjaers nie opwaak, sodat jy vir hulle ’n prooi word nie?

8. Omdat jy baie nasies uitgebuit het, sal al die volke wat oorgebly het, jou uitbuit, weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.

9. Wee hom wat vuil gewin maak vir sy huis, om sy nes in die hoogte te bou, om homself te red uit die greep van onheil.

10. Jy het skande beraadslaag vir jou huis: die uitroeiing van baie volke, en het jou lewe verbeur.

11. Want die steen uit die muur roep, en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord.

12. Wee hom wat ’n stad bou met bloed en ’n vesting stig deur onreg.

13. Kyk, kom dit nie van die Here van die leërskare dat volke arbei vir vuur en nasies hulle afmat vir niks nie?

14. Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.

15. Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou gif daarmee meng, en hulle ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou.

Lees volledige hoofstuk Hábakuk 2