Ou Testament

Nuwe Testament

Hábakuk 2:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. OP my wagtoring wil ek gaan staan en op ’n skansmuur my stel, en ek wil speur om te sien wat Hy in my sal spreek, en wat ek op my klagte moet antwoord.

2. Toe antwoord die Here my en sê: Skryf die gesig op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees.

3. Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie:

4. Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.

Lees volledige hoofstuk Hábakuk 2