Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 9:11-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. En Ek rig my verbond met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie.

12. En God het gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die lewende wesens wat by julle is, vir ewige geslagte:

13. my boog gee Ek in die wolke; dit sal ’n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.

14. As Ek dan wolke oor die aarde bring en hierdie boog verskyn in die wolke,

15. dan sal Ek dink aan my verbond wat daar bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees. En die waters sal nie meer ’n vloed word om alle vlees te verdelg nie.

Lees volledige hoofstuk Génesis 9