Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 8:16-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Gaan uit die ark, jy en jou vrou en jou seuns en die vroue van jou seuns saam met jou.

17. Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die aarde kruip, dat hulle kan wemel op die aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde.

18. Toe gaan Noag uit en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom.

19. Al die diere, alles wat kruip, en al die voëls, alles wat op die aarde beweeg, volgens hulle soorte, het uit die ark uitgegaan.

20. En Noag het vir die Here ’n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.

21. En die Here het die lieflike geur geruik, en die Here het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.

22. Van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie.

Lees volledige hoofstuk Génesis 8