Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 7:8-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Van die rein diere en van die diere wat nie rein is nie, en van die voëls en van alles wat op die aarde kruip,

9. het daar twee-twee na Noag in die ark gegaan, ’n mannetjie en ’n wyfie, soos God Noag beveel het.

10. Ná die sewe dae kom toe die waters van die vloed op die aarde.

11. In die seshonderdste jaar van die lewe van Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde dag, is al die fonteine van die groot watervloed oopgebreek, en die sluise van die hemel is geopen;

12. en die stortreën was op die aarde veertig dae en veertig nagte lank.

13. Op daardie selfde dag het Noag en Sem en Gam en Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy seuns saam met hulle in die ark gegaan.

14. Hulle en al die wilde diere volgens hulle soorte en al die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die aarde kruip, volgens hulle soorte en al die voëls volgens hulle soorte, voëls van allerhande vere —

15. van al die vlees waar ’n lewensgees in was, het twee-twee na Noag in die ark gegaan.

16. En die wat ingaan, het gegaan as mannetjie en wyfie van alle vlees soos God hom beveel het. En die Here het agter hom toegesluit.

17. En die vloed was veertig dae lank op die aarde: die waters het vermeerder en die ark opgehef, sodat dit opgerys het bo die aarde.

Lees volledige hoofstuk Génesis 7