Ou Testament

Nuwe Testament

Génesis 5:8-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. So was dan al die dae van Set negehonderd-en-twaalf jaar, en hy het gesterwe.

9. Toe Enos negentig jaar oud was, het hy die vader van Kenan geword.

10. En Enos het ná die geboorte van Kenan nog agthonderd-en-vyftien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

11. So was dan al die dae van Enos negehonderd-en-vyf jaar, en hy het gesterwe.

12. Toe Kenan sewentig jaar oud was, het hy die vader van Mahalálel geword.

13. En Kenan het ná die geboorte van Mahalálel nog agthonderd-en-veertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

14. So was dan al die dae van Kenan negehonderd-en-tien jaar, en hy het gesterwe.

15. Toe Mahalálel vyf-en-sestig jaar oud was, het hy die vader van Jered geword.

16. En Mahalálel het ná die geboorte van Jered nog agthonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

Lees volledige hoofstuk Génesis 5